900 leerders huis toe, skool vol rou riool

Uitdagings met onderwys in Namibië duur voort. Plaaslike media berig dat die gekombineerde skool op Onesi in die Omusati-streek sy deure moes sluit as gevolg riool wat in die skoolgronde loop na pyp verstop het. Daar is ongeveer 900 leerders in die skool. Die hoof, Junias Shende, sê dit het reeds verlede Donderdag plaasgevind en die probleem vererger daagliks. Selfs die koshuis is nie gespaar nie. Van die onderwysers het aan plaaslike media bevestig die probleem het reeds in September verlede jaar begin en is steeds nie opgelos nie.