Katima kry nuwe water-infrastruktuur

NamWater het begin met ‘n vervangingsprojek vir die rouwaterpypleiding by Katima Mulilo. Dit sal die groeiende vraag na water aanspreek en die voorsiening van water na landelike gebiede uitbrei om skoon drinkwater aan plaaslike gemeenskappe te voorsien. Die pyplyn is die kern van watervoorsiening in die Zambezi-streek. NamWater se hoof uitvoerende beampte Abraham Nehemia het inwoners gerusgestel dat die Katima Mulilo-skema se water van topgehalte sal bly. Hy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die projek behoort teen Desember 2023 voltooi te wees.