Billie Eilish kry haar eie strokiesprent-boek

Sy is net 21, maar Billie Eilish het reeds ‘n strokiesprent-boek wat oor haar lewe gepubliseer is. Dit vertel die storie van haar reis as jong danser tot Oscar-bekroonde liedjieskrywer. Die uitgewer TidalWave Comics het die Amerikaanse popster by sy Female Force-reeks bygevoeg wat prominente en invloedryke skrywers, sakebestuurders, vermaaklikheidspersoonlikhede, joernaliste, politici en aktiviste vier. In die boek van 22 bladsye sal lesers leer oor Eilish se oorgang van dans na musiek. Dit word vandag in digitale en gedrukte formaat vrygestel.