‘Wat Hamas doen is nie weerstand nie’
Libanon se Shia-beweging Hezbollah, wat gedeeltelik verantwoordelikheid aanvaar het vir Saterdag se aanval op Israel en tradisioneel deur Iran befonds word, het ‘n waarskuwing aan die VSA gerig. Hy sê Palestina is nie die Oekraïne nie en sou die VSA direk inmeng in die konflik, sal al sy persele in die Midde-Ooste teikens van die weerstandsbeweging word. Die Suid-Afrikaanse media-analis en navorser Arthur Goldstuck sê wat Hamas, en Hezbollah doen is nie weerstand nie.