Reddingspogings in Afghanistan afgeskaal
Reddingswerkers het vandag begin om bedrywighede in Afghanistan se verwoeste noordweste af te skaal, aangesien kanse om oorlewendes te vind skraal raak, 72 uur na die reuse-aardbewing. Inwoners het reeds begin om oorledenes te begrawe. Minstens 2 400 mense is dood en meer as 2 000 beseer, het die Taliban gesê. Die meeste van die slagoffers was vroue en kinders.