Net 3 liter water per dag vir elke persoon in Gaza
Action Against Hunger waarsku Gaza is op die randjie van ‘n gesondheidskrisis, en sê die gebrek aan toegang tot water is een van die grootste uitdagings. Die Verenigde Nasies skat daar is minder as 3 liter water per persoon per dag vir die 2,3 miljoen mense wat in Gaza woon, en van wie die helfte kinders is. Action Against Hunger sê baie gesinne wend hulle tot waterbronne wat nie drinkbaar is nie met ‘n dreigende risiko van ontwatering en selfs die uitbreking van aansteeklike siektes soos cholera.