Stad Windhoek skryf sommige skuld, rente af
Die Munisipale Raad van Windhoek is besig met sy verkiesing van politieke ampsdraers, die burgemeester en lede van die bestuurskomitee vir 2023/2024. Die uittredende burgemeester, Joseph Uapingene, het in sy laaste toespraak aangekondig dat 524 miljoen Namibiese dollar se skuld en rente daarop afgeskryf sal word. ‘n Totaal van 26 118 pensionarisse se gesamentlike skuld van 223 miljoen dollar gaan ten volle afgeskryf word. Vyftig persent van alle ander inwoners se rente op skuld sal in sekere omstandighede afgeskryf word, en dieselfde geld vir besighede.