‘Energy’ Nghitumbwa gaan veg om WBO titel
Een van Namibië se beste boksers, Fillipus ‘Energy’ Nghitumbwa, sal na die ring terugkeer om môre in Windhoek teen Suid-Afrika se Thatho Bonakoane om die vakante Wêreldboksorganisasie Afrika Super-bantamgewig-titel te veg. Nghitumbwa het ‘n veg-rekord van 12 oorwinnings en twee nederlae, terwyl Bonakoane se veg-rekord 14 oorwinnings, vyf nederlae en drie gelykopuitslae insluit. Kosmos 94.1 Sportnuus het met die promotor en hoof-afrigter by MTC Sunshine Boxing Academy, Nestor Tobias, oor die geveg gepraat.