Kredietverlening vertoon beter maar dis repokoers die week

Kredietverlening in die privaatsektor was in Oktober effe hoër op 1,8 persent as die 1,6 persent wat in September gemeet is. Dit is egter ‘n afname in vergelyking met die 3,5 persent groei in Oktober verlede jaar en dui op ‘n gedempte kredietmark, sê Simonis Storm in sy jongste kredietverslag. Die Monetêre Beleidskomitee van die Bank van Namibië se laaste vergadering van die jaar is geskeduleer vir Woensdag en volgens ‘n ekonomiese ontleder by Simonis Storm, Halleluya Ndimulunde, word daar verwag dat die repokoers onveranderd sal bly op 7,75 persent. Die prima-uitleenkoers sal ook na verwagting onveranderd gelaat word op 11,5 persent.