Dakar: Jongste oor Puck Klaassen wat met haar Porsche in die Namib gekuier het

Die 2024 Dakar-tydren is ‘n hoogtepunt vir motorsport liefhebbers. Die epiese tydren, die 46ste vanjaar, skop Vrydag af en sal tot 19 Januarie ongeveer 7 500 kilometer aflê. Vanjaar word dit in Saoedi-Arabië gehou. Namibiërs sal vir Puck Klaassen van Nederland onthou nadat sy verlede jaar haar opwagting aan die kus gemaak het met haar groen Porsche. Kosmos 94.1 se Francois Lottering het die jongste oor Klaassen.