BELA mag nie deurgevoer word nie – DA
Die DA pleit by die Nasionale Raad van Provinsies om sy wetgewende gesig te laat geld om die Wetsontwerp op Basiese Onderwyswette te verwerp sodat die Nasionale Vergadering daaroor kan herbesin. Openbare voorleggings oor die BELA-wetsontwerp het gister gesluit en dit dien nou voor die raad vir instemming. ʼn Woordvoerder van die DA, Baxolile Nodada, sê hoewel die ANC vasbeslote is om die wetsontwerp deur te stoomroller, is die party gereed vir regsoptrede: