Beleid fouteer, werkskepping sal misluk

Die jongste amptelike statistieke toon daar is 34 persent jeugwerkloosheid in Namibië. Afrobarometer sê dis veel erger en volgens hulle jongste verslag is die jeugwerkloosheid-syfer 46 persent. Die situasie kan ook veel slegter wees, omdat die Namibië Statistieke-agentskap nog nie die jongste syfers volgens die sensus-opname bekendgemaak het nie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met ‘n plaaslike ekonoom, Joseph Sheehama, wat ‘n moontlike oplossing vir die probleem noem.