Biden spreek Amerikaners toe

President Joe Biden sê hy het sy herverkiesingsveldtog laat vaar om sy party en die land te verenig. Hy het die land uit die Oval Office toegespreek nadat hy verlede naweek opsy gestaan het as die Demokrate se kandidaat vir die presidentsverkiesing in November. Dit volg na toenemende kommer oor sy geskiktheid vir die amp. Hy sê hy sal die volgende ses maande daarop fokus om sy werk te doen. Dit sluit in dat hy die reg om te stem en die reg om te kies verdedig, en haat-ekstremisme aan die kaak stel: