Meer mense sal in Afrika honger ly

Afrika sal Asië teen 2030 verbysteek as die vasteland met die grootste aantal mense wat honger ly in die wêreld. Dit is volgens die Verenigde Nasies se verslag oor voedselsekerheid en voeding in die Wêreld-verslag. In 2023 het 384,5 miljoen mense in Asië hongersnood in die gesig gestaar, vergeleke met 298,4 miljoen in Afrika. Ongeveer 733-miljoen mense wêreldwyd het verlede jaar honger gely. Konflik, die klimaat en die hoë koste laat voedsame kos buite die bereik van miljoene. Die VN waarsku die wêreld gaan nie hongersnood teen 2030 uitwis nie.