Aussies sal ‘26 se Ligawêreldbeker aanbied
Australië bied die gereorganiseerde 2026-ligawêreldbeker aan. Die toernooi sou volgende jaar in Frankryk gewees het, maar die wêreldbeheerliggaam moes die kalender herrangskik nadat die organiseerders wees finansiële redes onttrek het. Sestien spanne sou aanvanklik aan die 2025-manstoernooi deelgeneem het, maar dit is besnoei tot tien vir 2026 en agt elk vir die vroue- en rolstoelkompetisies. Die toernooie vind in Oktober en November 2026 plaas, met van die wedstryde wat in Papoea-Nieu-Guinee gespeel word.