Goewerneur sê oor water-planne
NamWater het ‘n kontrak van 123 miljoen Namibiese dollar met China Jiangxi International JV Homefin Properties onderteken vir die uitbreiding en opgradering van die Outapi waterbehandeling-aanleg. Abraham Nehemia, die uitvoerende hoof van Namwater, sê dit is ‘n belangrike mylpaal wat die aanvang van bou- en ontwikkelingswerk moontlik maak. Nehemia het voortdurende kommer oor watertekorte uitgelig en die belangrikheid van die projek se tydige voltooiing beklemtoon. Kosmos 94.1 Nuus het met Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek, oor die projek gesels en hoe dit die streek se inwoners en boere sal help.