Rassie loof Bokke se karakter

Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus het die spelers geloof vir hul goeie vertoning onder moeilike omstandighede in hul tweede toets in twee weke teen Australië in vanjaar se Rugbykampioenskap. Hulle het met hul oorwinning van 30-12 weer ‘n bonuspunt ontvang. Die Bokke het vier drieë gedruk, maar die Wallabies se punte het slegs van skoppe gekom. Eben Etzebeth, wat die kapteinskap oorgeneem het toe Salmaan Moerat weens breinskudding die veld moes verlaat, was ewe opgewonde oor die sege. Die Bokke se volgende wedstryd is teen die All Blacks, wat volgens Erasmus met ‘n geweldige aanslag gaan kom.