Netumbo sal vergader met jongmense

Die Swapo-jeugliga hou op 31 Augustus sy songenaamde Massive Youth Rally op Oshakati. Op die kantlyn hiervan en op 30 Augustus vra die Oshana-tak van die liga dat jong professionele persone by die party aansluit in gesprek met presidensiële kandidaat Netumbo Nandi-Ndaitwah. Die party sê die inisiatief poog om jongmense van verskillende agtergronde met Nandi-Ndaitwah te verbind om idees te deel oor hoe hulle haar kan help om ‘n administrasie te vorm wat jeugvriendelik is.