Rusland en Oekraïne ruil gevangenes uit
Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het die vrylating van 115 krygsgevangenes van Rusland bevestig. Zelensky het die Verenigde Arabiese Emirate bedank vir sy rol as bemiddelaar tussen die lande. Dit is die eerste uitruiling van gevangenes sedert Oekraïne se inval in Rusland vroeër die maand. Die Russiese weermag sê hy het soldate wat in Koersk gevange geneem is, uitgeruil. Hulle is nou in Belarus en gaan mediese behandeling en rehabilitasie ontvang sodra hulle in Rusland aankom.