Help mense om self huise te bou, sê behuisingsgroep

Namibië se groeiende bevolking en die bestaande behuisingsagterstand veroorsaak probleme. Stedelike en landelike ontwikkeling-minister Erastus Uutoni, moedig die Nasionale Behuisingsonderneming aan om meer innoverende en ekonomies lewensvatbare beleide aan te neem. Hy beklemtoon dat die onderneming moet fokus op die bou van bekostigbare, nie-luukse huise en koste verminder. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Heinrich Amushila, die mededirekteur van Namibia Housing Action Group, wat sê meeste mense kan nie eens sogenaamde lae-koste behuising bekostig nie, maar wel huise wat hulle self oprig.