Maak Lüderitz spesiale ekonomiese sone, vra burgemeester
Die burgemeester van Lüderitz, Phil Balhao, stel voor dat die dorp as ‘n spesiale ekonomiese sone aangewys word om ontwikkeling te stimuleer en beleggings te lok. Hy voer aan dat die huidige Wet op Openbare Verkryging vordering strem, en die spesiale status sal buigsaamheid in verkrygingsregulasies bied. Dit sal dit vir die raad makliker maak om kwessies aan te spreek en geteikende beleggings te lok deur pasgemaakte voordele aan te bied. Kosmos 94.1 Nuus het met Balhao gepraat, wat verduidelik.