Trump val Harris aan in Coachella, Kalifornië
Donald Trump het Saterdagaand ‘n saamtrek gehou in Coachella in Kalifornië, ‘n staat waar hy amper verseker gaan verloor. Hy wou vise-president Kamala Harris verbind met wat hy beskryf het as die mislukkings van haar tuisstaat. Harris, die Demokratiese presidensiële genomineerde, was voorheen die staat se junior senator en prokureur-generaal. Trump het ook geld ingesamel. Foto’s met die voormalige president het 25 000 Amerikaanse dollar gekos, of sowat 435 500 Namibiese dollar, wat met spesiale sitplekke vir twee kom. ’n “BBP-ervaring” het 87 000 Namibiese dollar gekos. Trump het ongegronde bewerings oor immigrante herhaal. Luister self.