Groot vrae rondom COP29 wat vandag begin

COP29 begin vandag in Baku, Azerbeidjan, en duur tot 22 November. Die allerbelangrike vergadering het reeds reuse-uitdagings met oorloë in die Oekraïne, Gaza en Libanon; ‘n trae ekonomiese klimaat in ‘n tyd wanneer onderhandelaars die kwessie van finansiële hulp vir ontwikkelende lande moet aanspreek; ’n gasheerland wat die eerste in die wêreld was om olie te ontgin en steeds daarop staatmaak; en talle klimaatrampe. Die verkiesing van Donald Trump is ook ‘n groot struikelblok. Hy het belowe om die land weer aan die Parys-klimaatooreenkoms te onttrek, soos hy reeds in 2017 gedoen het en hy beplan om die energie-oorgang te vertraag en fossielbrandstofproduksie grootliks te bevorder.