Wildproduktrustfonds het nuwe raadslede
Die omgewingsminister het die vyf nuwe raadslede van die Wildproduktrustfonds aangestel. Hulle dien tot Oktober 2027. Colgar Sikopo van die ministerie is die voorsitter en dien saam met Mclesia Mbaisa van landbou, Doreen Saisai wat die kommunale gebiede en bewareas verteenwoordig, Kandiwapa Amwele van finansies en Thomas Muronga wat ook landelike gemeenskappe verteenwoordig. Hy het die fonds se werksaamhede so uiteengesit.
Die fonds het in sy laaste oudit ‘n gekwalifiseerde opinie gekry en Shifeta het raadslede gemaan dat dit die laaste keer was.