IMF gaan $181,7 miljoen aan Rwanda vrystel
Die Internasionale Monetêre Fonds sê hy sal 181,7 miljoen Amerikaanse dollar aan Rwanda vrystel nadat sy uitvoerende raad die hersiening van die land se ondersteuningsprogramme voltooi het. Dit is die Beleidskoördinerings-instrument, die Veerkrag- en Volhoubaarheidsfasiliteit en die Bystandskredietfasiliteit. Die IMF het Rwanda se ekonomiese groeivoorspelling van 8,3 persent vanjaar en 7 persent in 2025 herhaal, vanaf groei van 8,2 persent verlede jaar. Die fonds sê die ekonomie staar steeds eksterne kwesbaarhede in die gesig, insluitend ‘n groeiende tekort op die lopende rekening en wisselkoersdruk.