ACSA verwag rekordgetal passasiers

Die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika sê hy is gereed om hierdie feestyd ‘n rekordgetal passassiers te verwelkom. Behoorlike planne is beraam om te verseker alles verloop seepglad op al die land se lughawens. Woordvoerder Terrence Delomoney het op ‘n nuuskonferensie maatreëls aangekondig soos verbeterde infrastruktuur, e-hekke, verbeterde bestuur van passassiers wat toustaan, en betroubare bagasie-stelsels.