NSA wys afname in akkerbouproduksie uit

Die Namibië Statistieke Agentskap het sy landbou- en visvang-aanwysers statistieke bulletin vrygestel, wat ‘n gemengde prestasie in die derde kwartaal van 2024 toon. Die landbousektor het ‘n beduidende afname in beheerde akkerbouproduksie geregistreer, wat gelei het tot groter afhanklikheid van invoere. Die visserysektor het beskeie groei in uitvoerverdienste getoon, maar ‘n afname in invoerkoste. Mirjam Shihepo, die agentskap se woordvoerder, het meer.