Leeus klop Section Paloise in Uitdaagbeker

Rugby: Die Leeus vier hulle eerste oorwinning van die seisoen in die Uitdaagbeker nadat hulle die Franse span Section Paloise gisteraand op ‘n nat Ellispark geklop het. Die wedstryd is lank vertraag wees donderweer – en die spelers moes ook in die tweede helfte ‘n rukkie die veld verlaat. In hulle wegwedstryd het die Cheetahs in Wallis met 26-10 teen Cardiff verloor. Die Vrystaters kon ‘n oorwinning ruik toe hulle met rustyd 10-5 voor was, maar die gashere het in die tweede helfte sekergemaak van ‘n bonuspuntoorwinning.