Eers Telecom, nou gesondheidministerie?

Kort op die hakke van Telecom Namibië se kliënte-data wat uitgelek is, het kuberkrakers glo toegang gekry tot data van die gesondheidministerie. Hulle het foto’s op aanlyn waghond-webwerwe geplaas van alles wat hulle het en bied dit te koop aan. Dit is nie seker of hulle ‘n losprys geëis het nie, wat tipies in Bitcoin betaal moet word. Volgens aanlyn-berigte het ander kuberkrakers ook toegang verkry tot ‘n versekeringsmaatskappy se kliënte- en werknemersinligting, en dreig om dit binne 7 dae te publiseer. Daar was nog geen reaksie van die inligtingministerie of enige regeringsinstansie oor die vermeende ernstige verbrekings van sekuriteit-protokolle nie.