Voertuigverkope… op en af
Nuwe voertuigverkope is vir Augustus vanjaar bekend. ‘n Totaal van 764 nuwe motors is gedurende die maand verkoop, wat ‘n toename van 28,8 persent op ‘n jaargrondslag verteenwoordig maar, ‘n afname van 4,5 persent teenoor die 800 voertuie wat in Julie vanjaar verkoop is. Tot dusver is 6 447 voertuie verkoop, 35 persent beter vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar maar steeds 8,1 persent laer as vlakke wat in 2019 aangeteken is.