Bank van Namibië verskaf Augustus-syfers

Die Bank van Namibië het die banksyfers en statistiek vir Augustus vanjaar bekend gemaak. Oortrokke fasiliteite het effe ingekrimp met 0,1 persent. Huishoudelike skuld het met 4,4 persent gegroei in Augustus in vergelyking met 3,7 persent in Julie. Besighede is senuagtig om skuld te maak en ‘n inkrimping van 1,2 persent teenoor ‘n groei van 1,8 persent in Julie gemeet.