OUTA veroordeel vervoerminister se uitstel oor e-tolstelsels
Die Organisasie teen Belastingmisbruik, OUTA, het die Suid-Afrikaanse vervoerminister, Fikile Mbalula, se uitstel van die besluit oor e-tolstelsels veroordeel. Die minister het op vrae in die parlement geantwoord ‘n datum vir die besluit is nog nie bepaal nie en ‘n befondsingsoplossing moet nog gevind word. OUTA se uitvoerende hoof, Wayne Duvenage, glo die voortgaande bedryf van Gauteng se e-tolstelsels het te doen met korrupsie en nie ‘n soeke na ‘n befondsingsbron nie.