Dis die rykes wat besoedel
‘n Bekende landbou-ekonoom sê die klimaatkrisis word hoofsaaklik veroorsaak deur die weelderige lewenstyl van die rykes van die wêreld. Hy sê dit is nie as gevolg van metaan- of koolstofdioksied-vrystellings van rysvelde of beeste van arm gemeenskappe nie. Oplossings kan dus nie dié wees wat die lewensbestaan in die landbou van arm gemeenskappe wegneem nie. Dr. Kobus Laubscher verduidelik sy standpunt aan Kosmos 94.1 Nuus.