SA ouditeur-generaal: Onreëlmatige besteding beloop R166 miljard

Die Suid-Afrikaanse ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, sê daar is ‘n voortdurende neiging tot verbetering in die oudit-uitkomste vir nasionale en provinsiale departemente en instellings vir die boekjaar wat in Maart geëindig het. Maluleke het dié goeie nuus bekend gemaak toe sy gister ‘n gesamentlike sitting van die parlement se staande komitees oor die ouditeur-generaal en openbare rekeninge toegespreek het. Sy sê egter departemente en instellings se onreëlmatige besteding beloop meer as 166 miljard rand.