Vorderingsverslae oor beskermingstoerusting aan Ramaphosa oorhandig
Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, sê hulle het ses vorderingsverslae aan President Cyril Ramaphosa oorhandig. Dit hou verband met die ondersoek na persoonlike beskermingstoerusting vir Covid-19. Mothibi het gisteraand aan die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge gesê hulle is op dreef om die finale verslag môre teen die einde van die dag aan Ramaphosa te oorhandig.