Werkloosheidsyfer in Gauteng styg

Die LUR vir finansies in Gauteng, Nomantu Nkomo-Ralehoko, het haar kommer uitgespreek oor die stygende werkloosheidsyfer in die provinsie. Sy het vandag die media toegespreek en sê die departement hoop om met sy ‘Groei saam aan Gauteng Visie 2030-plan’ hierdie stand van sake om te keer. Nkomo-Ralehoko sê die werkloosheidsyfer het vanaf 34 persent tot 37 persent gestyg.