Mans glo meer skepties oor inentings teen Covid-19

‘n Openbare belang-gemeenskapsorganisasie in Suid-Afrika wat werk onder die vaandel van die Departement van Gesondheid sê die meeste Suid-Afrikaanse mans is steeds skepties oor die inenting. Die bestuurshoof van Rhiza Babuyile, Rashuping Morake, sê die duisende Suid-Afrikaanse mans wat weier om in te ent is nie bewus van die gevaar waaraan hulle hulself en hul families blootstel nie. Morake sê hulle spanne meld daagliks aan mense, veral mans, sê reguit hulle sal nie inent nie. Morake sê mense moet in gedagte hou die nuwe Omikron-variant versprei buite beheer.