Dis Hamilton of Verstappen
Motorsport: Lewis Hamilton het sy Formule Een-teenstander, Max Verstappen, van sy plek bo aan die rondtetyd-tabel onttroon. Hamilton het met gemak die vinnigste tyd in ‘n oefenrondte vir hulle stryd om die titel by die Abu Dhabi Grand Prix opgestel. Verstappen van die Red Bull-span het in gistermiddag se openingsessie die vinnigste tyd opgestel, met Hamilton, wie se vinnigste rondte geskrap is, in die derde plek. Dit is nou of nooit vir Verstappen en Hamilton in môre se eindstryd, want hulle is gelyk voor op die punteleer. Hamilton het met die media gepraat.