Australië klop Engeland

Krieket: Australië het eerste bloed geruik ná hulle Engeland in die toernooi om die As met nege paaltjies op die vierde dag van die eerste toets op die Gabba in Brisbane verslaan het. Engeland het sy oggendsessie op 220 vir twee hervat maar toe gou verkrummel met Nathan Lyon wat vier paaltjies vir 91 lopies laat kantel het. Die gashere het Engeland vir 297 teen middagete uitgeboul. Na rustyd het Australië die teiken van 20 lopies in 5,1-boulbeurte gehaal. Travis Head is as die speler van die wedstryd aangewys.