Grense: prosesse moet verskerp word

Die vertragings by die Namibiese grense duur voort en veroorsaak groot uitdagings vir vervoermaatskappye. Talle vragmotor bestuurders moet ook op grense wag vir toetsuitslae. Die hoof uitvoerende beampte van FP du Toit Vervoer Stefan Terblanche sê die proses moet verskerp word.

Terblanche het ook ‘n beroep op Namibiese owerhede gedoen om die buurland se voorbeeld te volg met ‘n minimumprys vir die nodige Covid-toetse. In Suid-Afrika mag ‘n toets nie meer as 500 Suid-Afrikaanse rand kos nie.