Bloedoortappings: SA sukkel nes Nam met voorraad vir net ‘n paar dae

Die Namibiese bloedoortappingsdiens het verlede week ‘n beroep op die publiek gedoen om dringend bloed te skenk omdat daar net voorraad vir twee dae was. Die woordvoerder van die diens Titus Shivute het bevestig dat 2 000 skenkings nodig is voor die einde van die jaar om te voldoen aan vraag. In Suid-Afrika lyk die prentjie dieselfde met net ‘n paar dae se voorraad wat beskikbaar is. ‘n Woordvoerder van dié diens, Karin van den Berg, sê daar is gewoonlik ‘n verlaging in bloedvoorraad oor die feesseisoen. Sy voeg by hulle sal gedurende die vakansie probeer om dit meer gerieflik vir die publiek te maak om bloed te skenk: