En jy dink jy betaal baie belasting….

Die wêreld se rykste mens, die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk, sê hy sal vanjaar belasting gelykstaande aan meer as 175 miljard Namibiese dollar moet betaal. Dié bedrag wat Tesla se bestuurshoof reken hy sal moet betaal, kan ‘n rekord wees wat die Amerikaanse inkomstediens sal ontvang. Musk is 4,47 triljoen Namibiese dollar werd nadat hy vanjaar 1,9 triljoen Namibiese dollar tot sy rykdom bygevoeg het. Die buitengewone hoë belastingaanslag, moontlik die hoogste ooit in Amerikaanse geskiedenis, volg nadat Musk byna 15 miljoen aandele-opsies uitgeoefen het en miljoene aandele verkoop het om die belasting te dek wat met daardie transaksies verband hou.