WGO verduidelik wat van ‘n geleentheid ‘n superverspreider maak

Die Wêreldgesondheidsorganisasie verduidelik ‘n “massa-vergadering” of “superverspreider”-geleentheid hoef nie duisende mense teenwoordig te hê nie. Die WGO sê bykomend tot hoeveel mense dit bywoon, moet organiseerders ook die ligging en duur van die geleentheid oorweeg. As die geleentheid oor etlike dae plaasvind in ‘n klein eilandstaat waar die gesondheidstelsel baie beperk is, kan selfs ‘n geleentheid met net ‘n paar mense ‘n massa-vergadering verteenwoordig. Aan die ander kant is ‘n geleentheid met baie mense in ‘n gesondheidstelsel met voldoende bronne, nie ‘n massa-vergadering nie.