Pohamba Shifeta hoop Namibiese toerismebedryf herstel

Met die aanbreek van die nuwe jaar, is die Namibiese toerismebedryf steeds in ‘n penarie wat deur die Covid-pandemie, inperkings en geslote grense veroorsaak is. Die toerismeminister, Pohamba Shifeta, sê aan Kosmos 94.1 Nuus nadat verskeie lande hul grense oopgemaak het, het buitelandse toeriste weer Namibië besoek, maar hulle is min in vergelyking met voor die pandemie. Hy hoop dat Covid-gevalle sal afneem en buitelanders weer in Namibië sal kom kuier.