Veeartsenybeamptes werk saam met veediewe
Die streeksbevelvoerder van die polisie in Kavango Wes, kommissaris Josephat Abel, het bevestig dat beamptes by veeartseny saamwerk met veediewe. Dit het aan die lig gekom met die arrestasie van die omstrede afgetrede generaal-majoor Thomas Hamunyela en sy veediefstalsaak. Beamptes het hom bygestaan met onwettige permitte en hulle is volgens Abel reeds in hegtenis geneem en aangekla. Twee beamptes kon volgens plaaslike media nie die ondersoekbeamptes voorsien van korrekte inligting nie. Die oorplaatjies wat in die saak ter sprake is, is op 16 Januarie 2020 in Hamunyela se naam geregistreer en terugdateer tot 1 Januarie 2019. Van die plaatjies was ook aktief op die stelsel maar was net in Hamunyela se besit en nie op enige dier in gebruik nie.