NAC het nog nie waarskuwing aan kaalvoet werknemer uitgereik
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het nog nie ‘n waarskuwing aan sy vroulike werknemer uitgereik wat ten aanskoue van passasiers kaalvoet gewerk het by die inboek-toonbank van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako nie. Dan Kamati, die bemarkingsbestuurder van die NAC, sê aan Kosmos 94.1 Nuus dringende aandag word aan die saak gegee en haar optrede word ten sterkste veroordeel.