SA vakbond dreig met versetoptrede oor verpligte inentings by universiteite
Die South African Students’ Union het gedreig met versetoptrede oor verpligte inentings by universiteite regoor die land. Die vakbond sê studente word gebruik as eksperimentele voorwerpe. Volgens die sekretaris-generaal, Lukhanyo Daweti, het die proses van inenting bewys dit is tans eksperimenteel en studente behoort beskerm te word. Instellings soos die Rhodes-Universiteit, Universiteit van Kaapstad, Universiteit van die Vrystaat, Wits en Durban Universiteit van Tegnologie is van die universiteite wat verpligte inentingsbeleide ingestel het.