Wits Studenteraad stel werkbare oplossings vir verpligte inentings in
Die Studenteraad van Wits Universiteit staan bankvas agter hul siening dat verpligte inentings vir studente en personeel diegene wat nie ingeënt wil word nie, se regte skend. Die raadspresident by Wits, Cebolenkosi Khumalo, sê die benadering ten opsigte van die instel van verpligte inentings is verkeerd hanteer.
Khumalo sê die SR voer tans gesprekke oor oplossings vir die kwessie om die ingeëntes tegemoet te kom.