Alle oë op Swapo se presidensiële verkiesing vanjaar

Vir Swapo is 2022 ‘n belangrike jaar met verkiesings wat binne die party gehou moet word om ‘n nuwe party-president, adjunkpresident, sekretaris-generaal en adjunk aan te wys. Die party sal ook individue kies om in sy sentrale komitee van sowat 87 aan te wys, asook die politburo. Hilma Nicanor, woordvoerder van die party sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle sien uit na die partykongres.

Die party se verkiesings is belangrik vir die land omdat die party-president normaalweg die kandidaat is vir presidensiële verkiesings en in die afgelope 30 jaar was die Swapo-president ook die Namibiese president.