Eskom lieg oor Koeberg – aktiviste

Suid-Afrikaanse aktiviste gekant teen kernkrag van die Koeberg Alert Alliance sê Eskom het ‘n misleidende verklaring vrygestel wat sê eenheid 2 by Koeberg sal van vandag af afgeskakel wees vir ‘n gereelde brandstof- en onderhoudsonderbreking wat geskeduleer is vir vyf maande. ‘n Woordvoerder van die alliansie, Peter Becker, sê die oorgrote meerderheid van die koste en die tydsverloop van die onderbreking sal wees om ‘n beplande opknapping te doen. Hy sê ‘n brandstofonderbreking duur net meer as vier weke. Becker sê die geld kon beter aangewend word: